Super Aguri F1

Franck Montagny jaag vir Super Aguri in die 2006 Franse Grand Prix.

Super Aguri F1 was 'n renmotorspan wat van 2006 tot 2008 aan Formule Een-renne deelgeneem het. Die span, gestig deur die voormalige F1-bestuurder Aguri Suzuki, was in Tokio, Japan, gebaseer, maar was vanuit die voormalige Arrows-fabriek in die Leafield Tegniese Sentrum te Oxfordshire, bedrywig. Daar is na die motors Super Aguri Hondas verwys, en die span het in 'n sekere mate as 'n nie-amptelike Honda 'B'-span gefunksioneer. Nadat hulle twee jaar en 4 maande aan die kampioenskap deelgeneem het, het die span hul onttrek aan F1 na 4 wedrenne in die 2008 seisoen weens finansiële probleme. Gedurende die span se tyd in die sport het dit 4 punte behaal. Al hierdie is deur Takuma Sato aangeteken gedurende die 2007-seisoen.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy